Tamaai groottes
Karlien van Staden was baie verras toe sy die tamatiesaadjies, wat sy twee jaar gelede in Beaufort Wes gekry het, geplant het en tamaai groot tamaties geoes het. Volgens Karlien het die tamaties baie meer “vleis” as die gewone tamatie en sy geur proe heeltemal anders as die wat ons aan gewoond is. Die saadjies is van Australiëse herkoms.