Sport

Jong gimnas ryg trofeë in

THABAZIMBI – Thabazimbi Gimnastiekklub het op 23 Oktober hul jaarlikse klubkompetisie en prysuitdeling aangebied.

Janco Rossouw ontvang vier trofeë as die beste gimnas in die klub met die hoogste punte behaal op die rekstok, brug en vloer gedurende die jaar se kompetisies.

Hy ontvang die trofee as die beste vlak 1 gimnas vir die jaar en behaal eersteplekke by die klubkompetisie op al vier apparate en ontvang ‘n goue medalje as die algehele wenner.

Voorts het hy ook ‘n goue medalje, as wenner van die tuimelkompetisie vir vlak 1 behaal.

Die klub wens ook die ander gimnaste geluk met hul prestasies.

44-Janco Rossouw

Janco Rossouw saam met sy afrigter, Joey Koekemoer.