ATKV hou Gala-aand
THABAZIMBI – Die wenners van die derde ATKV poësie-skryfkompetisie vir die Laerskole-afdeling is op 8 Oktober bekend gemaak. Dié kompetisie het weereens groot aftrek gekry en altesaam 84 laerskool leerders het deelgeneem. Daar was ook inskrywings vanaf Laerskole Van Wykskraal, Dwaalboom en Koedoeskop.
Mnr Wilhelm Haupt van Pretoria, verbonde aan die Woordgilde en ‘n baie ervare en professionele beoordelaar, het as beoordelaar vir die kompetisie ingestaan. Die wenners is as volg: Afdelingwenner Gr 1 – 3: Eunice du Plessis Gr 2 – Laerskool Dwaalboom. Afdelingwenner Gr 4 – 5: Ankebé Els Gr 4 Laerskool Van Wykskraal. Afdelingwenner Gr 6 – 7: Thomas Pretorius Gr 7 Laerskool Koedoeskop. Speller van die Jaar:
In die finale uitdunrondtes het die volgende leerders met die louere weggestap: Afdelingwenner Gr 1 – 3: Kopano Masibela – Gr 3 . Afdelingwenner Gr 4 – 5: Nikita Uys – Gr 4. Afdelingwenner Gr 6 – 7: Lohan Senekal – Gr 7. Leser van die Jaar (“boekwurmwenners”): Afdelingwenner Gr 1 – 3: Lorinda van Rooyen – Gr 1. Afdelingwenner Gr 4 – 5: Elsje Hinsbeeck – Gr 5. Afdelingwenner Gr 6 – 7: Irene Marais – Gr 7.