CommunityTop Stories

Thabazimbi Sakekamer wen trofee

POTCHEFSTROOM – Thabazimbi Sakekamer is aangewys as die wenner in die kategorie “Opkomende Sakekamers” tydens die AHI kongres wat te Potchefstroom op 17 en 18 Oktober gehou is. Graskop is die naaswenner.

Dit kom presies ‘n jaar nadat Thabazimbi sy loodsvergadering op 18 Oktober 2012 gehad het, wat op formele stigting aan die einde van Januarie 2013 uitgeloop het. Thabazimbi Sakekamer het tot op 16 Oktober reeds tot 122 lede gegroei.

Die trofee vir opkomende sakekamers is hierdie jaar die eerste keer toegeken. Dit verleen erkenning aan presterende nuutgestigde sakekamers in die eerste twee jaar na stigting.

43-Sakekamer 1

Babsie McNelly, Voorsitter: Graskop Chamber of Business and Tourism, Jacques Blaauw, Voorsitter: Thabazimbi Sakekamer en Corinus du Toit van die AHI wie betrokke was by die stigting van beide sakekamers en hulle sedertdien ondersteun.