Supersterre by SmartBrain konsert
THABAZIMBI – SmartBrain Kidz Kleuterskool se jaarlikse kleuterkonsert het op Donderdagaand, 10 Oktober in die HFM skoolsaal plaasgevind. Uitgevat in supersterre-drag het Karin Soet, Koert Darren, Nicholas Flow en Steve Hofmuis die konsertgangers met hul treffers vermaak. Die aanbieders, Patty Russels en Pieter Ghoen het die gehoor vermaak met hul skerpsinnige sêgoed en staaltjies. Die hoof en personeel van SmartBrain Kidz bedank al die ouers vir hul ondersteuning.
Franco Loots was die videograaf. Foto’s: Sweet Memories Photography.
Die hoofspelers by die Supersterre konsert, vlnr: Patty Russels, Koert Darren, Pieter Ghoen, Nicholas Flow, Steve Hofmuis en Karin Soet.