Sport

Nat “Warrior Race”

HARTBEESPOORTDAM – Die tawwe groep wat drie weke terug die “Impi challenge” aangedurf het, het Sondag, 20 Oktober weer ‘n “warrior race” te Hartbeespoortdam se Redstone Private Country Estate aangepak.

Met hierdie resies was daar 7000 inskrywings. Volgens die deelnemers was dit meer uitdagend as die vorige een. Die dames het in twee kategorieë deelgeneem, naamlik “Rookie” en “Black Ops”.

Die “Rookies” het hul 6.5km resies met 15 hindernisse in twee ure en 40 minute voltooi terwyl die “Black Ops” vyf ure geneem het vir hul 21km en 30 hindernisse. Die groep het aan Kwêvoël gesê dat hierdie resies baie deursettings- en uithouvermoë geëis het aangesien die hindernisse fisies moeiliker was en het die nat weersomstandighede die resies verder bemoeilik.

43-Warrior Black Ops 001

Die Black-Ops groep, agter Elize Low en Madelein Cruse. Voor: Deon van Zyl