CommunityTop Stories

MooiLoop besoek Granaat

43-Granaat

Die leefstyl reisjoernaalprogram, Mooiloop! het ‘n uurlange insetsel van Thabazimbi op Woensdagaand 23 Oktober om 19:30 uitgesaai. Verskeie besighede in Thabazimbi is besoek en het kykers ‘n blik gegee in die doen en late van ons mooie Bosvelddorp. Op die foto is Denvor Phokaners en Valiant Swart, aanbieders van Mooiloop! saam met Ninette en Shauneen, eienaars van Granaat, die lieflike winkel in Dertiendelaan. Vir dié spesiale geleentheid het die Marimba orkes van Thabang die Mooiloop!-span vermaak.