Sport

9 medaljes vir XKT

THABAZIMBI – Die skopboksers van XKT Thabazimbi het tydens die afgelope Great North 3 te Wits Universiteit in Johannesburg weer hul staal gewys en uitsonderlik presteer.

Die uitslae is as volg: Rohan Erasmus – goud, Madelein Cruse – silwer, Wihan Lynn – vierdeplek, Jandré Lynn – vierdeplek, Vicus Venter – goud, Jackie Brits – twee goud, Willem Henning – goud, Henry Lynn – vierdeplek, Hanno du Toit – twee goud, Jannie du Plessis – brons, Botha du Plessis – vierdeplek en Stefan Joubert – goud.

Thabazimbi Skopboksklub hou ook duim vas vir Rayan Philips wat in Rusland aan die Combat Games deelneem.

43-Skopboks 2013-10-21ianpetruskleinseuns 665

Die skopboksers van Thabazimbi Skopboksklub wat uitsonderlik presteer het: Vlnr: Rohan Erasmus, Madelein Cruse, Wihan Lynn, Jandré Lynn, Vicus Venter, Jackie Brits en Willem Henning. Voor: Henry Lynn en Hanno du Toit. Afwesig: Jannie du Plessis, Botha du Plessis en Stefan Joubert.