Entertainment

Sterre trap fiets vir goeie doel

THABAZIMBI – Thabazimbi Sakekamer in samewerking met Jumping Kids/Silver Crest Events beoog ‘n nuwe projek waarby ‘n liefdadigheidsorganisasie, sowel as ‘n plaaslike instansie gaan baat vind.

Dit skop af op 11 November 2013 wanneer 11 beroemdes ‘n fietstoer gaan meemaak om fondse in te samel vir kinders sonder bene. Hulle word ook geregistreer by die Jumping Kids sodat hulle in aanmerking kan kom om gehelp te kan word met prostese.

Die volgende beroemdes sal die fietstoer meemaak: Sarel Pretorius (huidige Cheetah Super 15 Rugbyspeler), Arnu Fourie (Paralimpiese Goue en Brons Alteet), Breyten Paulse (Westelike Provinsie en Springbok Rugby Legende), Dr Org Strauss (Blou Bulle se Span Dokter), FA Meiring (gewese Blou Bul rugbyspeler), Izak Davel (wel bekende Suid-Afrikaanse sanger), LJ van Zyl (Olimpiese 400m Atleet), Vlok Cilliers (Blou Bulle se skop Afrigter), Wynie Strydom (Span Bestuurder van die Blou Bulle), Arno Botha (huidige Springbok en Blou Bul rugbyspeler) en Schalk Burger (huidige WP en Springbok rugbyspeler). Besigheidslui kan borgskappe aanbied en ontvang blootstelling ooreenkomstig die bedrag wat geborg word, byvoorbeeld op Groot FM Radio, pamflette, plakkate, Digital Corporate Golf Magazine wat alleenlik vir die toer geskep is. Daar is verskeie borgskappe en aktiwiteite saam met die beroemdes beskikbaar.

Om ‘n donasie vir hierdie goeie doel te maak, sms JUMP na 30100 (Vodacom) en bedrag wat jy wil skenk. Alle ander netwerke gebruik die nommer 42600.

Skakel Estie Steenkamp, Thabazimbi Sakekamer se sekretaresse by 082 328 4586 om volledige besonderhede te bekom.

42-Schalk-Burger-of-South-Af-001

Schalk Burger is een van die beroemdes wat deel is van die “Celebrity Fietstoer”.