Sport

Bielie van die Bosveld

Deur Luzaan Combrink

THABAZIMBI – Die jaarlikse Bielie van die Bosveld gholftoernooi het op Saterdag, 5 Oktober en Sondag, 6 Oktober te Thabazimbi Gholfklub plaasgevind.

Soos gewoonlik, is dit ‘n hoofletter-inskrywing op die jaarlikse gholfkalender. Met 55 spelers in die veld het die toernooi Saterdagoggend begin met die lae voorgee-spelers wat eerste afgeslaan het. Met ‘n stryd om die versengende hitte te kon trotseer, het die dag se verrigtinge goed verloop.

Die uitslae van Saterdag was soos volg: BRUTO: Jan Floris van der Wateren met 74 punte in die eersteplek. Tweede was Esmé Behrens met 77 punte, Johan Smit met 77 punte in die derdeplek en Heinrich Penzhorn met 77 punte in die vierdeplek. NETTO: John-James Behrens met 69 punte en ook die wenner van die maandelikse slagspel. In die tweedeplek Louise van Graan met 70 punte, Barend Gerber met 70 punte in die derdeplek en Jacques van Eyssen in die vierdeplek met 72 punte.

Sondag, 6 Oktober se afslaantye was bepalend van die vorige dag se uitslae. Die uitslae van Sondag was soos volg: BRUTO: In die eersteplek Johan Smit met 74 punte, Jerry Shongwane in die tweedeplek met 75 punte, Riekert Weyers was derde met 76 punte en in die vierdeplek met 77 punte was Jacques Lombaard. NETTO: In die eersteplek Piet Kanapi met 65 punte, Zander Azar in die tweedeplek met 69 punte. In die derdeplek Chris Bronkhorst met 70 punte en vierde David Moatse met 70 punte.

Dit was ‘n titaniese stryd met die voorste spelers en op die einde van die dag was daar ‘n uitspele tussen Johan Smit en Jan-Floris van der Wateren. Hierdie uitspele was van putjie 16, 17 en 18. Baie geluk aan albei hierdie spelers wat met ‘n moedige poging tot op die einde vasgebyt het. Johan Smit is gekroon as die Bielie van die Bosveld 2013. Die algehele uitslae is soos volg: BRUTO: Johan Smit met 151 punte. In die algehele tweedeplek met 151 punte is Jan-Floris van der Wateren, Armand Azar met 155 punte in die algehele derdeplek en Esmé Behrens in die algehele vierdeplek met 156 punte. NETTO: Algehele eersteplek is Piet Kanapi met 139 punte. Algehele tweedeplek is Jerry Shongwane met 142 punte, Zander Azar met 142 punte in die algehele derdeplek en die algehele vierdeplek is gedeel tussen John-James Behrens en Chris Bronkhorst met 142 punte.

Volgende op die kalender van Thabazimbi Gholfbaan is die NG Kerk Thabazimbi Gholfdag op Saterdag 26 Oktober 2013, Giant Gholfdag op Saterdag 2 November, Maandelikse Slagspel 9 November en 23 November Farmers Cup Borgdag wat deur Thabazimbi Motors geborg word.

Elke Woensdag is dit die NORTHAM TOYOTA Sundowner. En hierdie week se Sundowner is gewen deur Piet Kanapi met 22 punte en die gelukkige trekking is gewen deur Barend Gerber met nommer 3.

Nogsteeds word almal uitgenooi om ‘n draai by die gholfbaan te kom maak.  Die baan is in die beste toestand wat dit nog was en ons is baie trots daarop. Kom geniet die natuurskoon of selfs ‘n drankie op die stoep.  Bring oud en jonk om n paar balle vanaf die oefenbof te kom slaan of kom geniet net die rustigheid van die groenigheid daarbuite. Enige belangstellendes is welkom om die klub te skakel by 076 055 1749 of gedurende oggendure by 078 809 1631.

42-Gholf Algehele wenner van die Netto afdeling Bielie van die Bosveld 2013

Piet Kanapi is die algehele wenner van die Netto-afdeling van die Bielie van die Bosveld 2013.