Tshepong hou partytjie
THABAZIMBI – ‘n Lentedag viering by Tshepong Children’s project het vir groot opgewondenheid gesorg toe Eagle Mountain Spur, Suikerbekkies en verskeie Koedoeskop-boere se eggenote vir die kinders ‘n partytjie gehou het. Die kinders is bederf met koek, lekkergoedpakkies, ballone sowel as ‘n springkasteel. Tshepong Children’s Project se bestuur bedank die Koedoeskop gemeenskap, Eagle Mountain Spur sowel as Suikerbekkies vir hulle bydrae.
Die kinders van Tshepong Children’s project het heerlik partytjie gehou ter viering van die lente.