Community

Kuns by die super KunsteGrot

THABAZIMBI – ‘n Dubbeldoor kunste word die 18 en 19 Oktober uitgestal en vertoon by die Super KunsteGrot. ‘n Nuwe film is weer te siene naamlik “Musiek vir die Agtergrond” met akteurs Neil Sandilands, Brümilda van Rensburg, Terence Bridgett, Vohn-Henry Opperman, Ian Robertse en Lizelle de Klerk. In die film is daar ook bekende musikante wat gebruik word, van onder andere, Karen Zoid, Jan Blohm, Zinkplaat en Die Melktert Kommissie.

Die kunsuitstalling van Gerrit Pitout is ook oop vir die publiek op 18-19 Oktober.  Gerrit Pitout het sy titel in SA fotografie verwerf en het sy honneurs Graad in geskiedkundige kunste.

Baie van Gerrit en Alida se foto’s is van die Namib, Etosha en die Kalahari en hulle was al in Amerika, Israel en Johannesburg met hulle uitstallings. Gerrit het bekendheid verwerf vir sy unieke hantering van water- en olieverf skilderye van die Namib. Sy waterverf skilderye is skoon en duidelik met baie diepte en atmosfeer. Wat sy kunswerke so uniek maak is die eenvoudigheid daarvan en die kleurvolheid, hy gebruik ook papierteksture daarin om dit meer oplettend te maak. Gerrit is die eerste kunstenaar wat die bosveld geskilder het op growwe ryspapier.

Kom kyk gerus na hierdie trots Suid-Afrikaanse film en kom loer dan ook in vir die unieke kunsuitstalling van Gerrit Pitout. Kontak Rita Volschenk by rivol@telkomsa.net of kontak haar by 083 744 8559

40-Gerrit P waterverf skildery

Hier is van Gerrit Pitout se waterverf kunswerke van die Namib. Kom kyk gerus na sy kunsuitstalling op 18 en 19 Oktober.