Yskor Pensioenaris-dag

THABAZIMBI- Pensioentrekkers van die ou Yskormyn het verlede Saterdag, 14 September, vanaf hul verskeie aftreedorpe vir hul jaarlikse saamkuier by die Bioskoopsaal opgedaag.

Ou vriendskapsbande is weer opgetel en die lief en leed van die afgelope jaar is met mekaar gedeel. Hierdie geleentheid is een van die groot funksies op die pensioenarisse se sosiale kalender.

38-Yskor 1 ww

Voor vlnr: Alet du Plessis, Daleen Joubert, Elsie Venter en Linti Brink. Agter Lou du Plessis, Gordon van der Merwe, Kobus Joubert, Maartin Venter en Trichard Brink.