GeneralTop Stories

Thaba Tholo spog met R233 miljoen

THABAZIMBI – Thaba Tholo het weereens die geskiedenisboeke gehaal nadat hul die hoogste omset ooit in SA gekry het met hul veiling op Woensdag 18 September.

Tien nuwe SA rekords het ondere andere, gesorg vir die R 233,179,000 omset wat tydens die veiling behaal is.

Die plaas word deur die uiters bekwame Rubin Els bestuur wat saam met sy bekwame en entoesiastiese bestuurspan en arbeiders onder hom, werklik daarin slaag om sekerlik van die allerbeste skaarswild jaarliks aan te bied.

Volgens Vleissentraal is die sukses van hierdie veiling toe te skryf aan die gehalte van die diere wat aangebied word, wat van uitstaande gehalte en genetika is waarvoor kopers vanoor die lengte en breedte van Suid-Afrika die veiling bygewoon het.

Vleissentraal Bosveld wens die eienaars van Thaba Tholo bygestaan deur hul direksie en uitstaande span op die grond geluk met hierdie puik veiling.

Die tien nuwe rekords wat opgestel is, sluit in: dragtige Wes Zambiese swartwitpenskoei R2 100 000, Matetsi Swartwitpens verse R520 000, njala bul R205 000, basterhartbeesbul R29 000, gemsbok koeie dragtig van goue gemsbokbul R75 000, steenbok R 10 500, duiker R8 500, rooibokram R24 000,

buffelkoei met kalf, weer dragtig (3:1)  R4 000 000, buffel bul (Mystery) R 40 miljoen (vorige rekord R26 m).

Nog goeie pryse wat behaal was: Zambiese Swartwitpensbul (“Wiele”) verkoop vir ‘n bedrag van R 11.2 miljoen, buffelbul (“Leba”) verkoop vir R 22.5 miljoen.

Die gemiddelde pryse per dier vir die hokveiling (teelgroepe en vroulike diere) is as volg: 2 bastergemsbokverse teen R360 000, 6 basterhartbeeste teen R21 000, 3 bosbokke teen R20 000, 15 buffelverse teen R662 667, 5 dragtige buffelverse teen R1.66miljoen, 2 buffelkoeie teen R925 000, 10 dragtige buffelkoeie teen R1.841 miljoen, 2+2 buffelkoeie dragtig met bulkalwers (3:1) teen R500 000, 2+2 buffelkoeie dragtig met verskalwers (3:1) teen R2.55 miljoen, 2 duikers teen R8500, 6 gemsbokkoeie dragtig van goue gemsbokke teen R75 000, 3 goue gemsbokteelgroep teen R270 000, 2 goue wildebeesverse teen R190 000, 28 njalas teen R24 089, 10 rooibokke – split gene teen R77 000, 8 rooibokke – 7 dragtig van swart rooibokram + 1 swart rooibokram teen R4000, 2 swart rooibokooie teen R250 000, 9 steenbokke teen R9722, 2 Matetsi swartwitpenskoeie (dragtig) teen R470 000, 8 Matetsi swartwitpensverse teen R507 500, 15 Zambiese swartwitpensverse teen R1 096 667, 5 Zambiese swartwitpensverse (dragtig) teen R1.49 miljoen, 1+1 Zambiese swartwitpens koeie (dragtig met kalf) R2.7 miljoen, 12 Zambiese swartwitpens koeie (dragtig) teen R1.375 miljoen, 4+4 Zambiese swartwitpenskoei en kalwers teen R1.775 miljoen, 4 Zambiese kruis swartwitpensverse teen R520 000, 1 Wes Zambiese swartwitpensvers teen R1.4 miljoen en 1 Wes Zambiese Swartwitpenskoei (dragtig) teen R2.1 miljoen.

Die bulle en ramme op hokveiling het die volgende gemiddelde pryse behaal: 2 jong bastergemsbokke teen R55000, 1 volwasse basterhartbees teen R29000, 4 volwasse buffels teen R16 357 500, 6 jong buffels teen R360 833, 4 njalas teen R95 750, 1 goue gemsbok teen R355 000, 2 jong goue wildebees teen R180 000, 3 volwasse rooibokke teen R17333, 2 jong swart rooibokke teen R160 000, 18 Matetsi swartwitpense (jonk) teen R33 057, 18 volwasse Zambiese swartwitpense teen R1 773 333, 23 jong Zambiese swartwitpense teen R576 087, 4 Zambiese kruis swartwitpense (volwasse) teen R240 000, 1 jong Zambiese kruis swartwitpens teen R30 000, 1 Wes Zambiese swartwitpens teen R525 000 en 1 volwasse waterbok teen R32000.

Die diere op katalogus het die volgende gemiddelde pryse behaal: 4 kameelperde teen R32000 en 4 jong witrenosterbulle teen R215 000.

Die totale omset was R233 179 000.

39-Vleissentraal mystery-1 ww

“Mystery” het die byl laat val op R40 miljoen. Sakeman Johann Rupert het dié rekordbedrag vir Thaba Tholo se bielie van ‘n buffelbul met 53” horings betaal.