Community

Skatkis van plaaslike inligting op Kwêvoël webwerf

THABAZIMBI – Diegene wat weekliks die Kwêvoël van voor tot agter en selfs die geklassifiseerde advertensies twee keer lees, sal bly wees om te hoor dat Kwêvoël se webwerf, www.kwevoel.co.za, oor ‘n skatkis van sowat nege jaar se argiefmateriaal beskik.

Kwêvoël se webblad is propvol nuus van die kontrei, kommentaar deur die lesers en gratis aflaaibare foto’s. Lesersbriewe wat in Kwêvoël gepubliseer word, verskyn ook op die webwerf.

Nege skakels sal jou na onder andere gemeenskapsnuus, vermaak, besigheid, redaksionele en sportgebeure neem. Die aflaaie-skakel is die mees gesogte een. Dit is hier waar die hele koerant in pdf formaat afgelaai kan word. Die webwerf word weekliks aangevul met nuwe artikels en nuus, maar werk ‘n week terug, dit wil sê as die koerant hierdie Vrydag op die rak verskyn, sal dit eers volgende Vrydag op die webwerf aflaaibaar wees.

Warm nuusflitse word gereeld aangebring en verskyn dan ook op die Kwêvoël se facebookblad.

Kuier gerus op Kwêvoël se webwerf rond. Kliek op die verskillende skakels vir afdelings en artikels waarin jy belangstel. Gebruik die webwerf tot jou voordeel om waardevolle inligting te bekom, saam te gesels op die forum of om kommentaar onderaan die artikels te lewer.

Wen een van Debbie Viljoen se splinternuwe gospel cd’s, Soldate vir Jesus. Vraag: Watter kompetisie hardloop tans op Kwêvoël se webwerf? Stuur jou antwoord na estie@kwevoel.co.za. Kompetisie sluit Vrydag 4 Oktober om 12:00, wenners sal per e-pos verwittig word.

39-website