NG Kerk vier fees

THABAZIMBI – Die jaarlikse Koekepan Stormloop wat die NG Kerk op Saterdag 7 September aangebied het, het heelwat voete gelok.

Die tafels het gekreun met verskeidenheid handgemaakte items, goedkoop vleispakkies en oulike witolifant-items.

Die gemeentelede het hiermee saam ook die kerk se 70ste bestaansjaar gevier. Rachel Miller, wat ook haar verjaarsdag gevier het, het die eer gehad om die reuse verjaarsdagkoek te sny. Elkeen kon saam aan ‘n stukkie van die vrugtekoek smul.

Die gemeente bedank almal wat betrokke was by die organisering, die dag se verrigtinge en die samesyn.

Die gemeente gaan ‘n oggendtee op 9 Oktober om 11:00 hou, wanneer hul die eintlike verjaardag gaan vier. Alle lidmate van 70 jaar en ouer, met hul gades word genooi. Op 12 en 13 Oktober is daar ook ‘n Sending Impakfees saam met die verjaarsdagete.

39-NGK Rachel Miller 70 jaar verjaarsdagkoek

Rachel Miller sny die reuse verjaarsdagkoek, ter viering van die NG Kerk se 70ste bestaansjaar.