Community

Matriekafskeid titaniese sukses

THABAZIMBI – HFM het Saterdag, 21 September hul matriekafskeidsgeleentheid by die Trollope & Trophy Breeder saal aangebied.

Hul tema was die HFM Titanic en heel gepas was daar ook ‘n “Jack” en “Rose” op die skip wat vir die fotograaf hul bekende posering ingeneem het. Die Gr 11 kelners en kelnerinne het flink van bakboord na stuurboord gehardloop om in die gaste se behoeftes te voorsien. Die Gr 11 ouerkomitee het maande lank gespook om al die reëlings vir hierdie pragaand te tref. Harde werk en goeie verbeelding het beslis geseëvier. Hulle spreek die hoop uit dat elke matrikulant ná twaalf jaar se skoolbanke, ook ‘n groot sukses van hul lewe sal maak, net soos Rose nadat sy as oorlewende van die sinkende Titanic weer opgestaan het. Ook bedank hul graag al die ouers wat gehelp het met die voorbereidings asook gedurende die aand se verrigtinge.

Die hoof en personeel van HFM wens die matrieks alle voorspoed met die voorbereiding van hul eindeksamen.

Matrieksafskeidpaartjies kan ‘n foto van hul glansaand na Kwêvoël se kantoor te Tweedelaan 17 op ‘n geheuestokkie bring vir publikasie. Foto’s: Michell Loubser.

39-HFM Jack & Rose

Jack (Wian Fourie) en Rose (Anneska de Jager) poseer vir die fotograaf.