HFM Gholfdag

Ons lesers skryf:

Hiermee wil ons graag baie dankie sê vir u bydrae om van die Graad 11 Gholfdag wat op 31 Augustus gehou is, ‘n sukses van te maak. Baie hoë premies word deesdae geplaas op ouer betrokkenheid, aangesien dit moeilik is om daarsonder positiewe resultate te behaal.

Deur u bydrae/borgskap het u verseker dat die dag ‘n sukses was.

Namens die Graad 11 korps, baie dankie vir u betrokkenheid en oop hand vir Hoërskool Frikkie Meyer en ons kinders. Dankie dat ons kinders kan baat vind by u positiewe gesindheid.

M Pieterse

Graadhoof