Bloues wen Interhuis Swem
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer was verlede Donderdag in drie verdeeld vir hul jaarlikse interhuis swem. Die rooi-, wit- en blouspanne het hul swembril en –kepse opgesit en mekaar die stryd aangesê.
Die rooispan het met hul “Afro Circus” die beste opkoms gewen. Hulle het 92.3 punte behaal, gevolg deur die witspan met 91 punte en die blouspan in die derdeplek met 88 punte.
Die sangbeker is deur die witspan gewen met 89 punte, in die tweedeplek was die blouspan met 81 punte, gevolg deur die rooispan met 76 punte.
Die beste dirigent op die dag was Andriëtte Grobler. Leandrie Pienaar is aangewys as die Junior Dogters Victrix Ludorum met 30 punte, Johan Bezuidenhout is die Junior Seuns Victor Ludorum met 30 punte, die Senior Victrix Ludorum vir dogters het gegaan aan Nesta Schutte met 31 punte en die Senior Victor Ludorum vir seuns het gegaan aan Hendrik du Plessis met 30 punte.
Die blouspan is as die algehele wenners aangewys met ‘n punte telling van 273, tweede was die witspan met 205 punte en in die derdeplek die rooispan met 183 punte.
Die blouspan is die algehele wenners vir die HFM Interhuis Swem.