Community

Armstrong sussie Miss Tween finalis

LEPHALALE – ‘n HFM leerder, Cerre-Lee Armstrong, se jonger sussie, Vicky-Lee, is gekies as finalis om teel te neem aan Miss Tween of the World pageant wat 30 November 2013 gehou word.

Hierdie spoggeleentheid word in Krugersdorp aangebied en is die eerste van sy soort. Volgens Vicky-Lee se ma, Louise Armstrong, is dit æn baie groot geleentheid en daarby moet Vicky-Lee haar in haar eie gemeenskap bekendstel en gemeenskapswerk doen. Sy moet ook fondse insamel vir ôFeed a Childö waarby daar prys gegee gaan word.

Haar eerste projek is reeds voltooi waar sy æn borg van R28000 ontvang het om Bosveld Laerskool se mediaklas se ou matte met teÙls te vervang.

Vicky-Lee bied ook ‘n facebookblad fotokompetisie aan om fondse vir haar gemeenskapsprojek, “Feed a Child”, in te samel. Deelnemers kan springfacelimp1@gmail.com kontak vir meer inligting. Koste beloop R100 per inskrywing.

39-Vicky Lee Armstrong

Vicky-Lee Armstrong, ‘n finalis vir Miss Tween of the World, het ‘n borg gekry om die mediaklas van Laerskool Bosveld se vloer te teël.