CommunityEntertainment

‘Soldate vir Jesus’ nou beskikbaar

Debbie Viljoen se nuutste album, Soldate vir Jesus, is pas vrygestel en het ontstaan uit die Buddies Kinderbediening by skole.

Die nuwe cd spog met 24 snitte, 10 liedjies waarvan sewe uit Debbie se pen. Die ander snitte op die cd is ‘n groot verrassing vir almal en die lagspiere gaan verseker geprikkel word. Daar is ook nuwe karakters soos Professor Verster, Katinka Kaas, Wyat the Chipmunk en Patricia Indigo.

Buddies Kinderbediening bied suksesvol programme soos Hoop vir Kinders en Ontdekkersklub by Laerskole in Thabazimbi en omgewing aan. Debbie het reeds twee keer suksesvolle uitreike na Namibië gehad en het in 2013 nagenoeg 6000 kinders in skole in Namibië bedien.

Debbie wil haar dank uitspreek teenoor die gemeenskap van Thabazimbi wat haar ondersteun in al die projekte wat sy aanpak. Webtuiste: www.jesusbuddies.co.za

39-Debbie Viljoen

Wen een van vyf stelle van Debbie Viljoen se cd’s. Vraag: Watter kompetisie hardloop tans op Kwêvoël se webwerf www.kwevoel.co.za? (Wenk: https://www.kwevoel.co.za/competitions/). Stuur jou antwoord na estie@kwevoel.co.za. Kompetisie sluit op Vrydag 4 Oktober 2013 om 12:00. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word.