Jong skopbokser presteer
KEMPTON PARK – ‘n Student van die Swartklip Skopboksklub, Francois Holloway (8) het Saterdag, 14 September aan ‘n toernooi in Kempton Park deelgeneem.
Hy het vir semi-kontak ‘n derdeplek en vir ‘light continuous’ ‘n eersteplek behaal. Die klub is baie trots op hierdie jong student en wens hom voorspoed vir sy skopboksloopbaan toe.
Francois Holloway (8) het ‘n eerste- en derdeplek behaal by die afgelope Skopbokstoernooi in Kempton Park.