Finaliste maak gereed vir Championship Boerewors Kompetisie

SUN CITY – Die tien finaliste wat deurdring tot die finale ronde van vanjaar se Shoprite Checkers Championship Boerewors kompetisie is op Saterdag, 14 September aangewys en maak nou gereed vir die grand finalé wat plaasvind in Sun City by die Valley of Waves op 5 Oktober.

Agt-en-tagtig van die land se beste boerewors-makers het mekaar die stryd aangesê in die provinsiale ronde van die Championship Boereworskompetisie. En nou uiteindelik, na ‘n tydperk van 5 maande waartydens meer as 1000 boereworsmakers deur drie eliminasierondes is en 400 beoordelaars meer as 51 000 stukkies boerewors moes proe, het die dag aangebreek waarop die nuwe Boereworskampioen aangewys sal word.

Hier sal beslis word wie wegry in ‘n splinternuwe Toyota Hilux 2.7 Dubbelkajuit Raised Body Raider en die gesogte 2013 Boereworskroon.  Wenners van die provinsiale rondes stap ook elkeen weg met R2000 se vleisbewyse vanaf Checkers of Shoprite en geskenkpakke van medeborge Coca-Cola, All Gold en Simba.

Limpopo word verteenwoordig deur Jordan Nkadimeng van Lephalale.

Top koskenners van die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging (SACA) sal optree as amptelike beoordelaars gedurende die finale ronde in Sun City.  Die 2013 Shoprite Checkers Championship Boerewors sal ook die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging se gesaghebbende Stempel van Goedkeuring dra as ‘n versekering dat Suid-Afrika se gunsteling boerewors waarlik die beste van die beste is.

Brumilda-van-Rensburg

Brumilda van Rensburg.

 

 

Tydens die kompetisie wat by die Valley of Waves by Sun City aangebied word sal Brümilda van Rensburg, Shaleen Surtie-Richards en Sekoati “SK” Tsubane die aanbieders. Brümilda is ‘n gunsteling van die Suid-Afrikaans publiek vir haar rol in die M-net sepie, Egoli en het al in verskeie lofwaardige teater produksies opgetree. Shaleen Surtie-Richards is onder andere as aktrise veral bekend vir die rolle van Fiela in die rolprent Fiela se Kind, asook as Nenna in die TV-reeks Egoli.  SK is gewild vir die vertolking van Kabelo in die SABC2 sepie 7de Laan en is ‘n gewilde vermaaklikheidster. Hulle sal die verhoog deel met van Suid-Afrika se top vermaakliheidsterre soos Sorina (“die Flooze”), Dewald Louw, Gerhard Steyn, Andriette Norman, Emo Adams en Manie Jackson, met ‘n spesiale optrede deur Nataniël. Besoekers aan Sun City Valley of Waves kan verseker wees van top vermaak terwyl die braaiers sake uitspook.

Dié wat nie die kans sal hê om die supermarkgroep se nuwe Championship Boerewors by  Sun City te proe nie, hoef gelukkig nie te lank te wag om dit in die hande te kry nie. Die produk sal vanaf 11 Oktober as die 2013 Championship Boerewors in die Vleismarkte van alle Checkers, Checkers Hyper en Shoprite winkels landwyd beskikbaar wees.

Vir meer inligting rakende die wenners, pryse en kompetisie-gebeure, besoek die Championship Boerewors webwerf www.championshipboerewors.co.za.