Sport

Groot kompetisie by Jood se dam

THABAZIMBI – Thabazimbi Hengelklub het verlede naweek ‘n kompetisie ter versterking van hul provinsiale-hengelaarsfonds by Jood se Dam aangebied.

‘n Volledige getal hengelaars het aan dié naweek-kompetisie deelgeneem.

Thabazimbi Hengelklub bedank graag Groot Krokodil Lodge wat as hoofborg opgetree het en die vier eerste pryse geborg het. Ander pryse is geborg deur: Thaba Boog & Hengel, Botha Signs, El Shadai, Connectix, Thaba Tops, Borman Saad & Petshop, Biominceur Skoonheid, Husqvarna, Engen, Kransberg wapen & hengel.

Ondanks die skielike kouefront het die 60 hengelaars dit terdeë geniet en is daar heerlik saamgekuier. Daar is altesaam 211 visse geland met ‘n gewig van 80kg. Die afdelings is as volg gewen: Cubs: Jayson Loots, Charl Rohrbeck en Anchenay Loots. Penkoppe: Theaan Scheepers, Dalize Botha en Mickyla Tullues. Juniors: Martin Scheepers, Andries Jooste en Deon Bender. Dames: Karin Williams, Martie Murray en Nicolene Heydenrych. Seniors: Nico Botha, Leon J v Vuuren en Kevin Tullues.

Die grootste spesies is gevang deur die volgende hengelaars: Karp: Leon J v Vuuren 3.88kg, Barber: Willem Heydenrych 3.53kg, Kurper: Martin Jooste 200g, Geelvis: Seadndre v Staden 600g.

37-Hengel Wenners

Die wenners van die hengelkompetisie by Jood se Dam, agter vlnr: Jayson Loots, Charl Rohrbeck, Anchenay Loots, Theaan Scheepers en Dalize Botha. Middel: Mickyla Tullues, Martin Scheepers, Andries Jooste, Deon Bender en Karin Williams. Voor: Martie Murray, Nicolene Heydenrych, Nico Botha, Leon j v Vuuren en Kevin Tullues.