CommunityTop Stories

Kleur- en klankskouspel met Lion King

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het verlede week ‘n besonderse skouspel van kleur en klank, met hul vertolking van die “Lion King” Musiekblyspel, op die planke gebring.

Die “Lion King” Musiekblyspel, aangebied onderleiding van Rita Volschenk en Elmarie Wentzel, was ‘n hoogtepunt op Ls Thabazimbi se kultuurkalender. Honderd twee en vyftig leerders en heelwat personeel, tesame met ouers, het agter die skerms gewerk gedurende die week.

Kleurryke kostuums, uitmuntende grimering en energieke akteurs het bygedra tot die fyn afgeronde musiekblyspel.

Die jong akteurs het hul uitstekend van hul taak gekwyt en is die enorme talente wat dié vernuftige jongspan getoon het, deurgaans bespreek. Die talle onvergeetlike oomblikke is vasgevang met ‘n video opname deur Pro Video International. Franco Loots het die voorafgaande klankopnames hanteer.

‘n Gepaste, luide staande-ovasie het die Gala-aand, op 5 September, afgesluit.

37-Lion King Hoofkarakters

Die hoofkarakters van Lion King het hul goed van hulle taak gekwyt. Agter vlnr: Simba (Victor Potgieter), Mufasa (Giniël Kock), Zazu (Irene Marais), Sarafina (Nika Bester), Sarabi (Sonja Terreblanche), Groot Nala (Anke-Mari Wentzel), Klein Nala (Abbygail Horn) en Rafiki (Pieter Lamprecht). Middel vlnr: Scar (Pieter Welgemoed), Pumba (Diaan Coetzee), Banzai (Fabio Velmetti), Shenzi (Anica Jordaan) en Ed (Enrico van Niekerk). Voor lê Timon gespeel deur Petrus Marais.