Hokkiedag by Koedoeskop

KOEDOESKOP – Laerskool Thabazimbi het verlede Saterdag aan ‘n hokkiedag te Laerskool Koedoeskop deelgeneem.

Die o/10 span wen al hulle wedstryde en word aangewys as die wenners van hulle ouderdomsgroep.

Die o/7 hokkie span van Laerskool Thabazimbi het ook aan dié hokkiedag deelgeneem. Die spannetjie, onder leiding van Juffrou Amanda Hinsbeek en Me Melanie Robbertson, wen al hul wedstryde en word as die Kampioene van die Dag aangewys.

37-Lskool  TBZ o10 hokkie

Die o/10 hokkiebokkies van Ls Thabazimbi, voor lnr: Me Maryka Schlebush (afrigter), Inneke Mulder, Mariska Coetzee, Anke van Deventerr, Lize Barnard, Bernette Kruger en Me Maryke Steyn (afrigter). Middel: Leandri v.d. Merwe, Emma Stow, Quinelle Blaauw, Chanté Engelbrecht, Jumé Bester en Bokang Kgomo. Agter: Charné v.d. Berg, Areane Pretorius, Regomoditswe Mothlabane, Mienké Engelbrecht, Mikayla Tullues en Megan Myburgh.