Sport

Hokkiebokkies Streek-naaswenners

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop se o/13 hokkiespan het die afgelope naweek deelgeneem aan die kwarteindrondte van die B-liga.

Die span het hulle eerste wedstyd gewen teen Michell House met ‘n pragtige telling van 3-2. Ongelukkig het hulle die tweede wedstryd 1-0 verloor teen Tzaneen. Die span tree uit die stryd as Streek-naaswenners in die B-liga. Dit is die eerste keer dat ‘n hokkiespan van Koedoeskop die besondere prestasie behaal. Die skool is voorwaar trots op hulle.

37-Ls Koedoeskop Hokkie finale

LS Koedoeskop se o/13 hokkiespan is streek-naaswenners in die B-liga. Vlnr: Coreen Robertse, Michelle Simpson, Chané Ras, Shalyn van der Westhuizen, Hanré Odendaal, Elsabé du Toit, Linmarie Ras, Jacqueline van der Sandt, Mosima Rammala, Sumarie Scutte en Versuschka Pretorius.