Grotman kom kuier in Super KunsteGrot

THABAZIMBI – Kom groet gerus die Grotman op 5 Oktober wanneer dié gewilde produksie weer op Super KunsteGrot se planke draai.

Groet die Grotman is in 2007 vir drie agtereenvolgende aande voor ‘n volgepakte KunsteGrot opgevoer. Teatergangers moet beslis nie hierdie een misloop nie en kan alreeds hul kaartjies vir die optrede bespreek.

Hierdie is ‘n hardebaardvertoning met ‘n ouderdomsbeperking. Vir navrae en besprekings kontak Rita by 083 7448559  of rivol@telkomsa.net.

37-Grotmat Hannes Muller

Hannes “Grotman” Muller maak weer sy verskyning in Thaba met die produksie, Groet die Grotman.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.