7 skaakspelers na SA Kampioenskap

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop se skaakspelers het voorwaar uitmuntende prestasies gelewer. Die skaak top-10 spelers het Woensdag 31 Julie te Bosveld aan ‘n skole skaaktoernooi deelgeneem. Die skole wat ook deelgeneem het was Nylstroom, Bosveld en Platina. Die uitslag was as volg: Juniors: Gerdro Grobler, Henkie Botha, Quinten Steenkamp, Mico Terblanche, Nia Naudè, R.W Furstenburg, Cornèl Riekert, Shanel Furstenburg, Corlie du Toit en Nicolaas Cohen wen met 40/45 en 18/45.

Seniors: Luan Botha, Gustav Grobler, Eduan Vorster, Dirco Slabbert, J.T Cronjé, Anema Denton, Scott Denton, Xander Steenkamp, Tanya Riekert en Nita du Toit wen met 99/120.

Die finale Platina Skaakuniespan is gekies uit die Top 10-spanne, nadat hulle aan ‘n provinsiale rondte deelgeneem het. R.W. Furstenburg, Luan Botha, Gustav Grobler, Quinten en Xander Steenkamp, Gerdro Grobler, Nia Naudé en Shanel Furstenburg neem Desember deel aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te Durban. Die skool wens hul geluk met die puik prestasie en voorspoed met die ure van voorbereiding wat voorlê. Die onderwysers en ouers is trots op hulle.

37-LS Koedoeskop Skaak top 10 Junior

Skaak Top 10 Junior, voor vlnr: Gerdro Grobler, Shanel Furstenburg en Nicolaas Cohen. Agter: Quinten Steenkamp, Henkie Botha, R.W. Furstenburg, Cornel Riekert en Mico Terblanche. Afwesig: Nia Naudé en Corlie du Toit.