Weer fliektyd in Super KunsteGrot
THABAZIMBI – Die skitterende film, Verraaiers, word op 20 September om 18:30 en weer op 21 September om 11:00 op die grootskerm by die Super KunsteGrot vertoon.
Dit vertel die verhaal van Jakobus van Aswegen (Gys de Villiers), ’n gerespekteerde kommandant in die oorlog, wat ná hy gehoor het daar kom konsentrasiekampe, gekies het om eerder huis toe te gaan en sy gesin en plaas te beskerm as om verder teen die Engelse te veg.
Kontak 083 7448559 vir inligting en besprekings. Daar sal ook kaartjies by die deur beskikbaar wees. Kaartjies beloop R50 vir volwassenes en R40 vir kinders en seniors.
Verraaiers word op 20 en 21 September by die Super KunsteGrot vertoon.