Bestuur vra hulp vir kliniek opgradering

THABAZIMBI – Die voorsitter van die nuutverkose Thabazimbi Kliniekraad het groot planne vir dié plaaslike kliniek. Marie Steenekamp, wat daarvoor bekend is om die bul sommer by die horings te pak, het te kenne gegee dat sy graag die kliniek, wat al vyf en twintig jaar die inwoners van die dorp bedien, wil laat opgradeer.

Planne sluit in om die kliniek ‘n nuwe laag verf te gee, af te skort met ‘n heining en sitplek aan wagtende pasiënte te verskaf.

Die kliniek ontvang tans geen finansiële steun van die staat of die munisipaliteit nie en doen dus ‘n beroep om welwillende inwoners om hul te help met dié projek.

“Die kliniek word daagliks besoek deur ongeveer 120 plaaslike pasiënte. Die gebou en apparate is baie verouderd,” het Marie aan Kwêvoël gesê. Belangstellendes kan Marie skakel by 072 252 0770.

36-Kliniek

Die bestuur van Thabazimbi Kliniek voor: Tshepiso Boskraal. Agter vlnr: Magda van Wyk, Marie Steenekamp (voorsitter), Matlhodi Molefe, Mita Phantsi, Nthabiseng Mokwena, Samuel Lekgoathi en Onkgopotse Gaitate (hoof van kliniek).