Sport

Barney’s hou hengelkompetisie

SETARIA – Barney’s Kleuterskool het vanaf Saterdag 31 Augustus tot Sondag 1 September, die bittere koue aangedurf en ‘n strawwe hengelkompetisie ter fondsinsameling van hul skool aangebied.

Die kompetisie het by die Konsentratordam naby Setaria plaasgevind.

Volgens die organiseerders was dit ‘n reuse sukses en hul bedank graag al die borge wat hierdie dag moontlik gemaak het. ‘n Spesiale woord van dank word gerig aan die visvangkomitee, elke ouer, vriende, familie en personeel van Barney’s Kleuterskool, wat hul tyd opgeoffer het om hierdie dag by te woon.

36-Barneys kinderwenners

Die hengelkompetisie se kleinspanwenners: Malan Smit (eersteplek), Alex Prinsloo (tweedeplek) en Dylan Wagenaar (derdeplek).