VLU bemeester Duitse kuns
MAKOPPA – Die dames van Strewe VLU-tak het in Augustusmaand die ou Duitse kunsvorm, Bauer-marlei, beoefen. Die fyn kuns van verf op hout, verg deeglike konsentrasie, maar lei tot heerlike ontspanning. Die eindresultaat is ‘n unieke kunsstuk wat as huisitem ingespan kan word. Die dames bedank Erika Lee vir die gebruik van haar tuiste vir die vergadering.
In Septembermaand beoog hulle om die seniorburgers bederf, hou die Kwêvoël dop vir foto’s. Rig enige navrae aan Ilna Schutte by 0827748803.
Tarina Welgemoed besig met haar handewerk.