Community

Speelgroepie ontvang R1500

THABAZIMBI – ‘n Anonieme skenker het sy hart en beursie oopgemaak deur ‘n bedrag van R1500 op ‘n maandelikse basis aan Wippie en Snippie Speelgroepie te bewillig. Dié groot borg is deur die vakbond, UASA (Union Association South Africa) gereël.

Mariaan Calitz, eienaar van dié speelgroepie, waar daar tans 45 kleuters is, is dankbaar vir die maandelikse skenking en sê hulp en betrokkenheid maak ‘n groot verskil in die kleuters se lewens en in die plaaslike gemeenskap.

“En so verander die toneel van UASA se werk daagliks…nie net op ‘n wetlike aspek nie, maar ook met die liefde en deernis aan elke persoon wat by UASA kom aanklop en hulp verlang,” sê Marius Swanepoel van UASA.

Thaba SuperSpar het ingestem om die pakkie op ‘n maandelikse basis vir die speelgroepie op te maak.

35-Uasa

Brendé Van Den Berg van Wippie en Snippie, Marius Swanepoel operasionele verteenwoordiger van UASA en Bokkie Groenewald van Thaba SuperSpar.