L/S Thabazimbi se sportspanne presteer

THABAZIMBI – L/S Thabazimbi se krieket- en hokkiespelers het die afgelope week puik presteer in al hul wedstryde.

Die o/10 krieketseuns het verlede week op Dinsdag 20 Augustus aan ‘n liga wedstryd deelgeneem en as wenners uit die stryd getree. Hulle het teen Laerskool Bosveld op tuisbodem gespeel. Laerskool Thabazimbi het die wedstryd met vier paaltjie gewen. Gerhard le Roux het die beste met die kolf gevaar en teken 45 lopies aan. Die finale proewe vind op 30 en 31 Augustus te Pietersburg plaas.

Die Krieket Eerstespan het ook verlede Dinsdag, teen Laerskool Bosveld in ‘n ligawedstryd gespeel en as wenners uit die stryd getree. Hulle wen met 250 lopies. Devoux Deysel teken 110 lopies aan en Gareth Meyer teken 61 lopies aan. Drie krieketspelers van Laerskool Thabazimbi het met hulle individuele tellings seker gemaak hulle spanne wen hul wedstryde. Devoux Deysel teken  110 lopies aan, Gareth Meyer teken 61 lopies aan en kry Area-proewe en Gerhard le Roux teken 45 lopies aan en kry ook Area-proewe. Gareth Meyer en Gerhard le Roux speel eerskomende naweek in die Streeksproewe te Pietersburg.

Die o/10 hokkiebokkies het verlede Donderdag, 22 Augustus aan ‘n ligawedstryd te Laerskool Warmbad deelgeneem. Hulle wen met ‘n magtige 6 doele teenoor Warmbad se 0.

Die o/11 hokkiedogters het ook teen Warmbad in ‘n ligawedstryd te staan gekom, en ook hulle wen hul wedstryd. Die telling was ‘n naelskraap 1-0.

35-Lskool TBZ o10 krieket

L/S Thabazimbi se o/10 krieketspan, voor vlnr: Sheldon Senekal, Jandré van Buuren, Franco de Klerk, Berto Meyer en Ruan Stander. Middel: Renier Grobler, Lourens Coetzee, Hendré Wolmarans en Jan-Harm du Toit. Agter: Ruben Viljoen, Juandrich du Preez, Douw van der Walt en Gerhard le Roux.