L/S Koedoeskop Kriekek
KOEDOESKOP – L/S Koedoeskop se krieketspelers het groot hoogtes gedurende onlangse krieketwedstryde bereik.
Drie krieketspelers het puik presteer op die krieketveld, deur elk onoorwonne 50 talle te behaal in hulle wedstryd teen Laerskool Platina. Die seuns behaal afsonderlik die volgende lopies, Luan Botha 54 (nie uit nie), Elandré de Jager 69 (nie uit nie) en JT Cronjé (nie uit nie).
Nog krieketspelers van Laerskool Koedoeskop is opgeneem in die Bosveldstreek se krieketspan. Hulle het Saterdag, 17 Augustus, deelgeneem aan die Streek 1 proewe te Laerskool Thabazimbi, waar al die seuns deurgedring het na die volgende rondte van proewe op Saterdag, 24 Augustus te Warmbad. Die seuns word gekies om Waterberg op ‘n Streekstoernooi vanaf 19-21 September te verteenwoordig: Gustav Grobler (o/11), Scott Denton (o/11), Luan Botha (o/12) en JT Cronjé (o/12). Hulle neem ook deel aan die finale Limpopo-proewe, te Tzaneen en Warmbad.
Dié spelers spog met 50 talle, nie uit nie, vlnr: JT Cronjé (o/12) en Luan Botha (o/12), Afwesig: Elandré de Jager.