Gimnas verwerf wéér provinsiale kleure

THABAZIMBI – Naomi Campbelle (12), ‘n gimnas by Thabazimbi Gimnastiekklub, het verlede naweek vir die vierde agtereenvolgende jaar haar provinsiale kleure in gimnastiek verwerf.

Naomi het op Saterdag 24 Augustus aan die Lev 4 Limpopo uitdunne vir Artistiese gimnastiek deelgeneem. Sy is gekies vir die Limpopo-span wat vanaf 22-28 September aan die SA Gimnastiekkompetisie gaan deelneem.

Gedurende dié week sal gimnaste vanoor die hele land in al die verskillende dissiplines deelneem. Haar afrigter, Joey Koekemoer tesame met die klub, wens haar geluk met haar puik prestasie en voorspoed met haar gimnastiek loopbaan.

35-Gimnastiek Naomi 008

Naomi Campbelle het vir die vierde agtereenvolgende jaar haar provinsiale kleure in gimnastiek verwerf.