Community

Frikkies palm titels in by ATKV-Oord

BELA-BELA – Twee leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer, het op Saterdag 17 Augustus aan die Mnr en Mej Bosveld Musiekfees Modelcup kompetisie te ATKV-Oord deelgeneem.

Cerra-Lee Armstrong en Robert Joubert van Pascall Exclusive Models Waterberg, het Thaba se naam hoog gehou. Cerra-Lee het eersteplek in haar ouderdomskategorie gewen en algehele tweedeplek behaal. Robert het die tweedeplek in die Seuns-afdeling verower en algehele elfdeplek behaal.

35-Mej Bosveld Musiekfees Aug 2013 Wenners

Cerra-Lee Armstrong (links agter) het ‘n eersteplek in haar ouderdomskategorie behaal.