Community

2 moordverdagtes uit op borgtog

MARIKANA – Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hul ‘n NUM winkelassistent geweldadig om die lewe gebring het, is op borgtog vrygelaat nadat hulle voor die GaRankuwa landdroshof op 22 Augustus verskyn het.

Die twee verdagtes, Simphiwe Booi (44) en Khanyile Kayisa (35) is elk op R2500 borgtog vrygelaat en sal op Donderdag 24 Oktober weer in die hof verskyn.

Booi en Kayisa is op Woensdag 21 Augustus onderskeidelik by Nkaneng en die Marikana-Wes informele nedersetting gearresteer. Polisie glo dat die mans verantwoordelik is vir die moord op Isaiah Twala, wat op 14 Augustus 2012, twee dae voor die Marikana-slagting, wreed aangeval en vermoor is. Volgens brigadier Thulani Ngubane van die SAPD is Twala se lewelose liggaam, langs ‘n kopbeen van ‘n bees, deur die polisie ontdek. Twala is met ‘n geweer geskiet en daarna doodgekap.

Die polisie het tot dusver 27 arrestasies vir verskeie moordsake, wat verbind word met die Marikana-slagting, gemaak. ‘n Verdere 547 verdagtes is gearresteer vir misdade wat publieke geweld, intimidasie, rig van of besit van vuurwapen en aanranding insluit.

Dit is onduidelik waarom borgtog aan die verdagtes toegestaan is, veral nadat die polisie versoek het dat die twee verdagtes agter tralies gehou moet word, aangesien hulle verbind word met ander sake wat steeds ondersoek word.