General

Registreer vir Outismekonferensie

PRETORIA – Een uit elke 55 kinders word gediagnoseer met Outisme. Outisme is nie ‘n doodloopstraat nie, maar menige ouers se kwelvraag is: wat word van ons kinders met outisme wanneer hulle volwasse word?

Ouers, persone met outisme en sakelui word hartlik uitgenooi om vir ‘n konferensie te registreer. Kom deel u ervaring, en leer van internasionale en plaaslike kundiges.

Die spesiale gasspreker is dr Michael McManmon, Ed.D, stigter van die College Internship Program, self ook gediagnoseer met Outisme. Die datum van die konferensie is 6 en 7 November 2013 te Three Oaks Conference Centre, Suidstraat 85, Centurion.

Registrasies voor 30 Augustus 2013 geskied beloop R 1400, ná 30 Augustus: R 1750. Registrasie vir net een dag: R 950. Kontak Anna Atkins om te registreer by 012 9934628 / afautism@iafrica.com

Onderwerpe wat aangespreek word: Verskille tussen kinders en volwassenes met outisme, waarom begin planne maak as my kind net 4 jaar oud is?, onafhanklikheid, watter frustrasies ervaar mense met outisme in die werkplek en kan volwassenes met outisme werk?