Naelbyt skouspel met Matrieks vs Res wedstryde
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het op Dinsdag 13 Augustus hul jaarlikse “Matrieks vs Res” wintersport kompetisie gehou. Daar was heelwat ondersteuners vanuit die gemeenskap wat saam met leerlinge vanaf die kantlyn, die spelers op die veld en baan aangepor het.
Die netbaldogters was eerste aan die beurt en het gesorg vir groot opwinding, die matrieks wen hul wedstryd met 14 punte teenoor 13.
Die hoogtepunt van die verrigtinge was die rugbywedstryd waar die matrieks en die res mekaar die stryd goed aangesê het. Die wedstryd kon net so wel die finaal van die Curriebeker gewees het. Dit was kliphard en teen die einde was die telling gelykop 11-11. Die beker word die jaar gedeel deur die twee spanne.
Die hokkie was soos altyd vinnig en hard. Dan dryf die Matrieks die Res tot teen aan hulle doel, dan dryf die Res die Matrieks tot teen aan hulle s’n. Ongelukkig was die Res net te sterk en wen 2-0.
Twee uit drie is seker nie te sleg vir die matrix dag nie.
Die Matrieks se netbalspan.