Maak litte los en doen dit Groot

THABAZIMBI – Die jaarlikse Loslitdag, ter ondersteuning van die regte van persone met gestremdhede, vind vanjaar op Vrydag 6 September 2013 plaas.

Skaf ‘n Loslitdag plakker teen R10 aan en trek vir jou ‘n groot rok, broek, bril, jas of skoene aan. Dit is jou groot kans om ‘n prettige dag in die kantoor te geniet en om die spangees in die kantoor te verbeter.

Loslitdag is vol pret, verskaf vermaak en is waardevol tot die gemeenskap. Dit ondersteun die regte van persone met gestremdhede tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping… met ander woorde, volle inskakeling in die gemeenskap. Gestremdheid kan onverwags gebeur – en dit kan almal aanraak.

R10 is ‘n klein donasie, maar dit maak ‘n groot verskil. As niemand uitreik nie, kan niemand aangeraak word nie, wees jy die een wat uitreik. Wees waaghalsig, wees slim, gebruik jou verbeelding. Groot is die wagwoord, maar dra net jou plakker of sommer ‘n handvol plakkers en trek vir jou ‘n groot baadjie aan, of ‘n groot hoed, of ‘n groot broek, of ‘n groot snor. Maak net seker jy maak ‘n groot impak om persone met gestremdhede te ondersteun.

Jy kan jou plakker by alle deelnemende besighede koop of by Special Needs School, kontak Salomien Snyman by 0724633657, wat dit dan vir jou kom aflewer.

34-loslit2013

“Gaan Groot”, is hierdie jaar se tema met Loslitdag, wat op Vrydag 6 September gevier word.