HFM wen Interhoër skaak

NYLSTROOM – HFM se skaakspelers het verlede Vrydag, 16 Augustus, geskiedenis gemaak toe hulle die Interhoër Skaak vir die eerste keer gewen het.

Die kompetisie was sterk en spelers moes hard konsentreer om hul skaakmaats te oorwin. Igee Theron, Adriaan Odendaal, Armand Venter, JB de Beer en Hannelie van Rensburg was almal bordwenners, dit wil sê hulle het al hulle wedstryde gewen. Veronica van Deventer en Dijan van der Merwe het vyf van hulle ses rondtes gewen. Simé Greyling en Attie van Deventer wen elk vier rondtes en Jonathan  Viljoen wen drie rondtes en speel een gelykop, Riaan Pieterse en C J van der Merwe en elk drie rondtes. Die puntestand was: HFM wen Piet Potgieter 7-5, HFM wen Ellisras 12-0, HFM wen Hans Strijdom 12-0, HFM wen Warmbad 12-0, HFM wen Nylstroom 8-4, maar verloor ongelukkig teen Ben Viljoen 4-8. Die finale puntestand is as volg: Ben Viljoen 52 punte, Nylstroom 53 punte en HFM wen met 55 punte.

34-Skaak

Die skaakspelers saam met hulle afrigters by die vlam vir trots, wat Dinsdag 20 Augustus aangesteek is. Voor: Igee Theron (Bordwenner), Jonathan Viljoen (Kaptein) en Tommy Hayward. Tweedery: Armandt Venter (Bordwenner), Hannelie Van Rensburg (Bordwenner), Veronica Van Deventer en hoof Mnr Colin Campbell. Derdery: Mnr W A Du P Erasmus (Hoof Buitekurrikulêr), Me Leeze Odendaal (Afrigter), Me Rianda Van Rensburg (Afrigter) en CJ van der Merwe. Vierdery: Dijan van der Merwe, Simé Greyling en Adriaan Odendaal (Bordwenner). Agter: J B De Beer (Bordwenner), Riaan Pieterse en Pieter Halgryn.