HFM kondig nuwe SR vir 2014 aan

THABAZIMBI – Dit was ‘n baie spesiale dag vir die 26 leerlinge van HFM wat op Maandagoggend, 19 Augustus, as die nuwe Studenteraad (SR) vir 2014 uitgewys is.

Gedurende die aankondigingsgeleentheid, is die betrokke leerlinge se name afgelees, waarna hul trotse ouers dan te voorskyn gekom het om hul kind na die verhoog te vergesel.

34-HFM SR 2014

Die nuut verkose HFM SR-lede vir 2014, voor vlnr: Anneska de Jager, Bianca Engelbrecht, Anina Snyman, Marizaan Jansen Van Vuuren, Yolandi Niemand en Forgiveness Mashimo. Eerste ry: Armand Azar, Adrian De Lange, Natassja De Villiers, Petro-Mari Pieterse, Ilke Lategan,  Andriëtte Grobler, Nesta Schutte en Elza De Villiers. Tweede ry: Jason Dye, Ruan Bisschoff,  Jimmy Smith,  Dijan Van der Merwe, Daniel Kgotlhang en Anmarie Boshoff. Derde ry: Hendrik Du Plessis, Lemens Steenkamp,  Armand Davies, JW Viljoen, Lucius Potgieter en Benhard Janse Van Rensburg.