CommunityTop Stories

6 renosterstropers aangekeer

THABAZIMBI – Plaaslike misdaadbekampers, STTU (Specialised Tracking and Tactical Unit), Makoppa Gemeenskapspoliseëringsforum (GPF) en Thabazimbi SAPD het die afgelope maand weer groot suksesse behaal.

Drie verdagtes is in Atherstone Natuurreservaat op heterdaad betrap toe hulle met ‘n jaggeweer op ‘n renoster aangelê het. ‘n Geweer (.458 kaliber) en ‘n knaldemper is in die verdagtes se voertuig gevind, wat ook gekonfiskeer is.

Alhoewel die vermeende renosterstropers aangelê het om ‘n renoster te skiet, is hulle aangekeer voordat daar enige skote afgevuur is. Die drie verdagtes kan moontlik verbind word met renosterstropery in die omgewing. Die saak word nog ondersoek.

Thabazimbi SAPD en omliggende stasies, STTU, Makoppa GPF, Thaba Tholo veldwagters en Atherstone veldwagters word bedank vir hul flinke optrede.

Nog arrestasies het gevolg nadat drie ander renosterstropers op Woensdag, 21 Augustus aangekeer is. Hierdie verdagtes het wel daarin geslaag om ‘n renoster te kwes. Die saak word ondersoek.

34-Renosterstropery kar

‘n .458 jaggeweer met knaldemper tesame met die verdagtes se voertuig, is gekonfiskeer tydens ‘n mislukte renosterstrooptog.