General

Rekords spat by Trophy Breeders se veiling

THABAZIMBI – ‘n Vooraanstaande wildstoetteler van Suid-Afrika is Trophy Breeders. Hulle aanbod van diere word elke jaar net beter, wat tot gevolg het dat daar al hoe meer kopers van regoor Suid-Afrika die veiling bywoon.

Vyf rekords het tydens die veiling gespat wat op 16 Augustus in die Trollope Trophy Breeders’-saal op die Thabazimbi-skouterrein gehou is. Vleissentraal Bosveld het die veiling aangebied en Brandon Leer was die afslaer. Die rekordbrekers: Lot 41 was ‘n jong Koningwildebeesbul vanaf Dries Visser Game Breeders. Die dier is vir R2,5 miljoen verkoop.

Lot 33 was ‘n Livingstone-elandbul, twee dragtige koeie en twee jong verse. Die koeie is deur Goliath, Meletse Game Breeders se 39″ teelbul gedek. Elke dier het vir R95 000 verkoop.

Lot 42 was ‘n groep dragtige blouwildebeeste wat deur Dries Visser se Koningwildebeesbul gedek is. Hulle het elk vir R140 000 verkoop.

Swartrooibokteelgroep vir R280 000 (verkoper: Meletse, koper: Jaco – B+B Eiendomme) en koedoekoeie dragtig van 63”-bul vir R68 000 (verkoper: Lalamanzi, koper: Piet du Toit).

Trophy Breeders het ‘n gedugte groep verkopers wat bestaan uit Barry en Magda Streicher van Ammondale; Dries Visser Sr en Jr van Dries Visser Game Breeders; Miguel Ferreira en Lee Cannata van Exotic Game Breeders; Ferdie Pistorius van Lalamanzi Game Breeders; Jan en Elsa van den Heever van Motswere Game Ranch; André, Jurie en Arnold du Plessis van Palala Game Farms; Louis van der Watt, Thinus van den Berg, Garry Donian, Louis Cloete en Nicolaas Kruger van Meletse Game Breeders.

Die gasverkopers was Hans Jeurissen van Silent Valley Farms en André Uys van Waterberg Holdings (Marakele Park).

Die totale omset van die veiling was R60 662 000.

34-Vleissentraal Koning wildebeesbul binne

Koningwildebeesbul is verkoop vir R2.5 miljoen.