Vriende van Skou word bedank
THABAZIMBI – Die organiseerders van die Landbou- en Nywerheidskou het op Woensdag 7 Augustus ‘n spesiale dankie-sê funksie aangebied.
Die bedankingsgeleentheid is in die Trollope & Trophy Breedersaal gehou en spesifiek daarop gemik om al die donateurs, ook genoem “vriende van die skou”, wat bygedra het tot ‘n suksesvolle Landou- en Nywerheidskou, te bedank.
Volgende jaar se skou, wat reeds in die beplanningsfase is, is aan die gaste voorgelê. Die verrigtinge is met ‘n smaaklike ete en gesellige samesyn afgesluit.