SWARTKLIP – Die gemeente van die Evangelies Gereformeerde Kerk (EGK) het hul nuwe herderspaar, ds Ludick en me Anzelle van Wyk einde Julie verwelkom.
Ds Van Wyk is in 2007 geroep tot voltydse bediening. Hy het in 2008 by die kweekskool aangesluit waar hy ook sy toekomstige eggenote, Anzelle, ontmoet het.
Hulle is op 4 Desember 2010 in die huwelik bevestig. In 2012 was hul vir nege maande te Jeffreysbaai vir prakties en het na Bronkhorstspruit verhuis waar hulle ‘n gemeente geplant het.
Ds Van Wyk het die roeping na Swartklip aanvaar en is op 22 Julie as predikant van die EGK georden. Sy eerste preek was op 23 Julie. Hulle het albei ‘n groot passie vir die jeug- en kinderbediening. Hul seuntjie, Luan, is 11 maande oud.
Die gemeente spreek die hoop uit dat hul al die liefde en ondersteuning van die gemeente en gemeenskap sal ervaar.
Vir verdere inligting oor die EG Kerk, kontak hul skakelbeampte, René Laas by 0734299411.
Die nuwe herderspaar, Ds Ludick van Wyk by sy eggenote Anzelle en hul klein seuntjie Luan van die EG Kerk te Swartklip.

