Motorongelukke neem toe
Thabazimbi Verkeersafdeling het verskeie motorongelukke aan Kwêvoël bevestig. ‘n Ongeluk op die Marakele pad op Saterdag 3 Augustus, het die lewe van ‘n jongman geëis. Volgens die Verkeersafdeling vind die meeste ongelukke weens hoë spoed plaas. Die verkeersafdeling maan bestuurders om by die spoedgrens te hou, hul veiligheidsgordels te dra en soggens en saans hul ligte aan te skakel. Foto: Die Nissan bakkie wat Saterdag, 10 Augustus, op die Spitskoppad gerol het.