HFM staan op teen boelies

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het gedurende die week van 22- 26 Julie, ‘n teen-boelies-program by die skool aangebied waartydens leerders gedurende Lewensoriënteringklasse ingelig en bemagtig is, rakende hierdie teer onderwerp.

Nasionale boelie bewusmakingsdag is vanjaar deur die JAG Foundation op 26 Julie geloods om kinders te help veg teen die groeiende boelie-epidemie in Suid-Afrika.

Om hul steun vir hierdie projek te toon kon HFM leerders pers bykomstighede by hul skoolklere dra.

Mediaverslae toon dat 57% van jong kinders boeliery by die skool beleef. Indien boeliery nie aangespreek word nie, sal dit langtermyn probleme veroorsaak. Dit is ook nie net die fisiese boeliery wat aangespreek moet word nie, ook die subtiele boeliery soos weglating uit ‘n groep of viktimisering wat die kind se selfbeeld egter meer kan aftakel.

33-HFM Buddie Anti- bully dag

Die HFM Gr 8 – 12 Buddie-groep leerlinge pronk met pers bykomstighede ter ondersteuning van die JAG Foundation se “bully-proof” program.